Op hierdie site kan jy al die nuus vars en eerstehands kry oor alles en nog wat by MJB! Jy kan als lees oor die verskillende bedienings, en jy kan kennis maak met die voltydse span. Maak ook seker jy maak 'n draai by die gespreksforum en die besoekersboek, waar jy land en sand met ander MJB'ers en belangstellendes kan klets.
As jy ook in jeugwerk betrokke is, dan is daar 'n spesifieke plek net vir jou waar ons graag wil gesels en by mekaar leer oor jeugbediening. Hierdie is 'n unieke geleentheid en plek waar ons enige idees, ervarings en stories in jeugwerk met mekaar kan deel.
